Bejaarde egpaar op plaas in Vredendal aangeval

ʼn Bejaarde gepaar is vroeg Donderdagoggend op hulle plaas in Vredendal in die Wes-Kaap deur vier gewapende mans met maskers oorval.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die paartjie, onderskeidelik 81 en 75 jaar oud, is wakker gemaak deur die vier mans in hulle slaapkamer. Die mans wat messe gewapen was het glo gebroke Afrikaans met die egpaar gepraat. Van Wyk sê die rowers het die huis geplunder en geld geëis van die egpaar. Hy sê die rowers het die egpaar se hande agter hulle rûe vasgemaak en hulle in die kamer toegesluit. Van Wyk kon nie in die stadium bevestig of die paartjie aangerand of beseer is tydens die voorval nie. Die rowers het met geld en juweliersware op die vlug geslaan. Dit is later vasgestel dat die rowers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die polisie ondersoek die saak.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting die Vredendal-polisiestasie kontak by (027) 201 3258 of kapt. Carin Loock by 082 469 3132.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lizzie ·

HKM hooq en sien ons dit op ons selfone maar dit word ni gewys op TV. Dat di hele land dit kan sien. Dis mos ni reg. Ons wil ok weet wat gaan aan in ons land. Mense wat ni selfone het en oumense wat ni weet hoe om een te gebruik sal mos verkies dat dit in koerante gepubliseer word en uit gesaai word op di nuus. Kan Nuus24 ons asb antwoord op dit. Is hul bang vi n bloedbad. Dankie

Dot ·

Ek dink hierdie moorde en aanrandings moet oral in die media en op TV uitgesaai word sodat almal kan sien wat gaan aan in Suid Afrika. Daar word uit en uit gegaan vir ons ou mense wat gebou het aan die land, die vrouens en die kinders. Dit is ‘n skande maar ons weet ook die Hoër Hand gaan hierdie dinge nie ongestraf laat aangaan nie. Ons moet maar net op ons knieë bly en Vader vra dat Hy ons uit hierdie elende waarin ons is uit te haal. Ons weet ook die woord sê Hy sal sy kinders op die regte tyd bo almal laat uitstyg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.