Bejaarde egpaar se moordenaars steeds soek

Die polisie aan die Oos-Rand sê daar is nog geen verdere besonderhede bekend rakende die moord op Percy Whitmore (70) en sy vrou Noellene (65) nie.

Die Whitmore’s se lyke is Donderdagaand in hul huis in Boneaeropark in Kempton Park gevind. Whitmore is na bewering met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan voordat die vermeende rowers glo ‘n plastieksak oor sy kop getrek het. Whitmore se vrou, Noellene, is met ‘n mes in die rug gesteek voor sy keelaf gesny is. Die polisie vermoed die egpaar is vroeër die dag oorval toe hulle tuisgekom het. Niemand is reeds in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.