Bejaarde egpaar vermoor

Leon Sim (71) en sy vrou Marié (68) is eergisternag in Cresslawn in Kempton Park aan die Oos-Rand vermoor.

Beeld berig dat twee huurders enkele ure na die bejaarde egpaar keelaf gesny is, in hegtenis geneem is. Leon was ʼn ekonomie-onderwyser by ʼn skool in Kempton Park. Die egpaar het die Anneliens-gastehuis besit en bestuur. Hulle was glo in ʼn dispuut met die huurders oor huurgeld en ʼn kragopwekker betrokke. Die egpaar se huiswerker het gisteroggend op hulle liggame afgekom. Leon se liggaam is in die tuin gevind terwyl Marié se liggaam in hul woonstel gevind is. Marié se liggaam is glo aan die brand gesteek. ʼn Man en vrou is ure na die moord in hegtenis geneem. Die egpaar laat drie kinders en een kleinkind agter.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.