Bejaarde fietsryer sterf

Foto: Netcare911

ʼn Bejaarde fietsryer is Dinsdagaand dood nadat hy deur ʼn Toyota 4×4 in Pretoria raakgery is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 16:15 in Lynnwoodweg in die ooste van Pretoria plaasgevind.

“Die man het aan die kant van die pad gery toe die 4×4 hom getref het. Dit is nog nie seker hoe die ongeluk plaasgevind het nie, die polisie ondersoek die voorval,” het Botha gesê.

Die man se liggaam is op die pad aangetref. Hy was reeds dood toe paramedici daar opdaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Jammer dat dit moes gebeur, altyd ‘n seer saak as iemand sterf, maar nou wonder ek net hoekom was daardie persoon daardie tyd van di dag op ‘n fiets in die spitstyd. Sou dit iemand wees wat noodgedwonge moes gebruik maak van fiets of was dit sommer net ‘n fietsryer. M.a.w. dit was tref en trap en dan kan mens maar net jou gedagtes laat gaan. Hoop ons hoor verder van die storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.