
Samantha en Panda
Die Erie-dieretuin se gorilla, Samantha, is sedert 2005 sonder ʼn permanente maat nadat Rudy, ʼn manlike gorilla, oorlede is. Beamptes by die dieretuin in pennsylvania het gesê die 47-jarige gorilla is te oud om ʼn ander gorilla as maat te ontvang, en hulle het gevolglik verlede maand besluit om ʼn hasie by haar in die hok te sit. Luidens berigte in die Erie Times kom Samantha en Panda baie goed oor die weg. Samantha streel die hasie sagkens onder sy kennetjie en deel haar kos. Volgens beamptes by die dieretuin het Samantha ʼn baie gemoedelike geaardheid.