Bejaarde gorilla kry hasie-maatjie

Samantha en Panda

ʼn Bejaarde gorilla wat in ʼn dieretuin in Amerika bly het ʼn nuwe maat gekry: ʼn hasie genaamd Panda.

Die Erie-dieretuin se gorilla, Samantha, is sedert 2005 sonder ʼn permanente maat nadat Rudy, ʼn manlike gorilla, oorlede is. Beamptes by die dieretuin in pennsylvania het gesê die 47-jarige gorilla is te oud om ʼn ander gorilla as maat te ontvang, en hulle het gevolglik verlede maand besluit om ʼn hasie by haar in die hok te sit. Luidens berigte in die Erie Times kom Samantha en Panda baie goed oor die weg. Samantha streel die hasie sagkens onder sy kennetjie en deel haar kos. Volgens beamptes by die dieretuin het Samantha ʼn baie gemoedelike geaardheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.