Bejaarde in aftreeoord vermoor

Reina Louwrens (94) is oor die naweek in ‘n sekuriteitsaftreeoord in die noorde van Pretoria vermoor.

Louwrens is Vrydag omstreeks 16:00 vir die laaste keer gesien nadat die oord, Montana Renaissance-aftreeoord, ʼn braai vir die inwoners gehou het, berig Beeld.

ʼn Skoonmaker het Saterdag op Louwrens se liggaam in haar huis afgekom. Na wat verneem word, het sy versmoor of is sy doodgeslaan. Sersant Portia Maleka, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê daar is klere in Louwrens se mond gedruk en dat sy ʼn wond aan haar kop gehad het. ʼn Lykskouing gaan gedoen word om die ware oorsaak van haar dood te bepaal. Volgens Maleka word Louwrens se juwele vermis.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petro Doman ·

Dis ‘n skande dat die ouma so lank gelewe het, oorlog oorleef het, dalk in konsentrasiekamp gebly saam met haar ma, en na alles kom vermoor ‘n blixem in die VROT NUWE SA haar!

Retha Grobler ·

Wat was nou die nut van die “sekuriteits” kompleks? Sy was dan nou nie veilig daar nie, of is dit nou
alweer ‘n ‘inside job’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.