Bejaarde in haar huis vermoor

Surina Kruger (62) is Woensdagaand in haar huis in Elsburg aan die Oos-Rand gewurg, vermoedelik verkrag en toe vermoor.

Beeld berig dat nog net ʼn selfoon uit die huis vermis word. Die moordenaars het glo toegang tot die huis gekry deur ʼn tuinhekkie oop te breek waarna hulle die voordeur van Kruger se huis oopgebreek het. Kruger se liggaam is met verskeie sny- en steekwonde op die vloer langs haar slaapkamerdeur gekry. Volgens die berig is Kruger se TV en ander elektriese toerusting nie gesteel nie. Lt. kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê hulle volg verskeie leidrade op. Volgens Kruger se buurman was sy ʼn verkoopsverteenwoordiger wat gereeld weg van die huis was. Die bure het omstreeks 2:00 Donderdagoggend ʼn veiligheidsmaatskappy gekontak nadat hulle geluide by Kruger se huis gehoor het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris de Wet ·

Siek, siek wereld waarin ons moet woon vandag, waar n lewe geen waarde meer het nie, mag God ons help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.