Bejaarde in huis doodgeslaan

ʼn Bejaarde vrou van Edenvale is Donderdag dood nadat rowers haar met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan het.

Die 73-jarige vrou van Klopperpark in Welkomstraat is saam met haar huishulp en tuinier tussen 10:00 en 14:00 deur drie mans oorval. Adjudant offisier André de Jager, ʼn polisiewoordvoerder van Germiston, het aan Beeld gesê die huis was goed beveilig.

Die rowers het die vrou blykbaar oor die kop geslaan terwyl die huiswerker en tuinier in die huis vasgebind was. Die vrou se man het gistermiddag ná 14:00 by die huis aangekom en op sy vrou se lyk afgekom.

Die rowers het in die egpaar se Nissan Micra gevlug. ’n .38-rewolwer wat uit die kluis gesteel is en ’n televisie word uit die huis vermis.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.