Bejaarde in rolstoel beroof

'n Bejaarde in 'n rolstoel is vroeër die week op sy plaas in Bothaville beroof. Foto: wfpharmacy.net

Frikkie Rautenbach (96) ʼn bejaarde boer van Bothaville is Dinsdagaand in sy huis beroof.
Volgens ʼn Nuus24 het twee van die verdagtes Rautenbach se veiligheidswagte met ʼn hammer aangeval. ʼn Plaaswerker is ook in die voorval beseer.

Kaptein Stephen Thakeng, ʼn woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, het gesê die rowers het ʼn breekyster gebruik om die veiligheidshek na die hoofhuis oop te breek. Rautenbach en sy verpleegster was in die huis.
Die inbrekers het glo die verpleegster aan haar hare begin rond pluk toe daar vir hulle gesê dat daar glo geen kontant in die huis is nie. Die verpleegster het egter later aan die rowers gesê dat Rautenbach sleutels vir ʼn kluis het.

Die rowers het daarna met ʼn onbekende hoeveelheid geld, ʼn 9mm-pistool en twee selfone buitgemaak. Hulle het die sleutels van ʼn bakkie geneem maar die voertuig teen ʼn boom verongeluk waarna hulle te voet op vlug geslaan het.
Rautenbach is nie beseer nie en die veiligheidswagte is na die Nala-hospitaal geneem.

Lees hier vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.