Bejaarde in voertuig met staalpyp deurboor

Argieffoto.

ʼn Bejaarde man is Donderdag met ʼn staalpyp deurboor terwyl hy op die Viljoenskroonpad bestuur het.

André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het sowat 30km buite Potchefstroom plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man, in sy sewentigs, in sy bakkie agter ʼn swaarvoertuig gery wat staalpype vervoer het. Een van die pype het losgekom en op die pad geval en gehop. Dit het deur die man se windskerm gebars, hom in die bors getref en deurboor,” het Visser gesê.

Paramedici van ER24 het die man vasgepen op die sitplek aangetref. Die pyp het steeds by die windskerm uitgesteek. Die pyp is met ʼn hidroliese knipper korter gesny, waarna die man versigtig uit die voertuig gehaal is. Hy is in ʼn kritieke toestand na die Potchefstroom Mediclinic vir verdere behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.