Die Burger berig dat die 81-jarige vrou omstreeks 12:00 met haar Hyundai in die deure vasgery het nadat sy glo beheer oor die motor verloor het. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, sê niemand is tydens die voorval beseer nie en die polisie het ʼn ongeluksverslag geopen. ʼn Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy, Deidre David, het die voorval bevestig. Sy sê die voorval het geen ontwrigting veroorsaak nie.
Lees meer hier.