Bejaarde jaag in lughawe vas

Foto: www.2oceansvibe.com

’n Bejaarde vrou het Woensdag teen die glasdeure van die vertreksaal by die Kaapstadse Internasionale Lughawe vasgery.

Die Burger berig dat die 81-jarige vrou omstreeks 12:00 met haar Hyundai in die deure vasgery het nadat sy glo beheer oor die motor verloor het. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, sê niemand is tydens die voorval beseer nie en die polisie het ʼn ongeluksverslag geopen. ʼn Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy, Deidre David, het die voorval bevestig. Sy sê die voorval het geen ontwrigting veroorsaak nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.