Bejaarde kritiek na swartmamba-pik

Argieffoto

Sarie Senekal, ʼn 76-jarige vrou van Mokopane (Potgietersrus), is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat sy deur ʼn swartmamba gepik is.

Beeld het Vrydag berig Senekal wou die slang Woensdagmiddag met insekdoder en ʼn besemstok uit haar buurvrou se huis verjaag toe sy twee keer gepik is.

Volgens Sarie se dogter, Frieda, wou haar ma glo die slang met die besemstok doodslaan en met gif spuit, waarna sy in die been gepik is. Sy is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die Polokwane-provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

My genade,…mens gaan mos nie na ‘n gun fight met ‘n mes nie……insekgif teen swart mamba….nee wat jy gaan tweede kom….laat die slangvangery vir die professionele mense. Sterkte vir die tannie. Sy het baie moed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.