Bejaarde kry 25 jaar vir kind se verkragting

ʼn Bejaarde man van Noordwes is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn tienjarige meisie.

Kapt. Aafje Botma, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 71-jarige man is in die Mahikeng-streekshof skuldig bevind. “Hy het in 2010 die meisie in die Mogopa informele nedersetting naby Groot Marico in Noordwes verkrag,” het Botma gesê. “Hy het die meisie gevra om vir hom brood by ʼn plaaslike winkel te gaan koop. Toe sy terugkeer het hy haar in sy huis in genooi en verkrag.” Die meisie se onderwysers het na die voorval agtergekom iets is verkeerd, en die polisie ingelig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.