Bejaarde ma en dogter vermoor

Twee vroue, wat vermoedelik ma en dogter is, is dood aangetref in hul meenthuis in Bruma in die Oos-Rand van Johannesburg.

Die vroue, onderskeidelik 84 en 64 jaar oud, se liggame is Dinsdagaand deur ʼn opsigter gevind, berig LookLocal Bedfordview Edenvale.

Volgens konst. Mpho Mashakane, ʼn woordvoerder van die Cleveland-polisiestasie, was die bejaarde vrou se hande met boeie vasgemaak, en die dogter se hande was met toue vasgebind. Mashakane sê ook daar was watte in die vroue se monde gedruk.

Niks word van die perseel vermis nie en die motief vir die moorde is nog onbekend. Die polisie is op soek na die tuinier, wat intussen vermis geraak het. Van sy besittings is by die meenthuis gevind.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend nie.

Bron: LookLocal Bedfordview Edenvale

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trishia ·

Die gemorste wil so wragtig al die oumense uitmoor sover as wat hulle gaan……….Wens iets drasties wil nou gebeur in die land…………..GEEN mens kan dit meer hou nie…………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.