Bejaarde man dood toe hy uit lugballon val

Argieffoto

ʼn Bejaarde man van Japan is Sondagoggend dood nadat hy uit ʼn warmlugballon in ʼn meer geval het.

Takuo Hayasaka (70) het uit die mandjie geval toe die warmlugballon skielik oor Lake Yanaka in die ooste van Japan begin daal het. Twee ander mense, ʼn 46-jarige vrou en ʼn 68-jarige man, wat ook aan boord was, is ongedeerd.

Die oorlewendes het aan die polisie gesê hul lugballon het vlugtig die oppervlak van die water geraak voordat dit weer begin styg het. Hul medepassasier het uitgeval voordat die ballon weer begin styg het.

Al drie persone is gelisensieerde lugballonvlieëniers, maar niemand het ʼn lewensreddingsbaadjie aangehad nie, berig Jiji Press.

Die man se liggaam is vyf ure later in die meer opgespoor. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.