Bejaarde man het glo sy vrou vermoor

ʼn 70-jarige man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 67-jarige vrou met ʼn mes doodgesteek het.

Ao. Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn buurman op hom afgekom het waar hy, met ʼn bebloede mes in sy hand, bo-op sy vrou gesit het.

Sy vrou is op die toneel dood verklaar.

Die voorval het in die Ramaphosa informele nedersetting naby Patensie plaasgevind. Die man moet binnekort in die Patensie-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

Janee die wet van die bos. As ons oor iets stry is daar net een wenner die ander moet die aftog blaas of is dit asem uitblaas

Seg Net ·

Wet van die diere van die natuur. Die sterkste oorleef. Die bos is en bly in die ou nasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.