ʼn Bejaarde man is dood nadat hy Donderdagaand in Krugersdorp deur ʼn voertuig raakgery is.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Robert Broomweg in Dan Pienaarville plaasgevind.
“Dit is nog nie in die stadium bekend wat presies tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie ondersoek die voorval,” het sy gesê.
Volgens Steinmann was die man reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die naam van die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie.