Bejaarde man in JHB doodgeskiet

geweer4-320x1791ʼn 76-jarige man is Maandag ten aanskoue van sy vrou in hulle huis in Houghton, Johannesburg doodgeskiet.

Konst. Thabo Malatjie sê twee mans het die slagoffer omstreeks 6:00 vanoggend doodgeskiet. Malatjie sê die mans het glo ʼn buitehek by die huis oopgebreek en die tuinier gedwing om hulle die huis binne te vat. Hy sê die mans het ʼn huiswerker en die oorledene se vrou in die huis aangetref. Malatjie sê die vrou het glo hierna haar man wakker gemaak waarna die inbrekers hom geskiet het. “Hy is een keer in die maag geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.” Malatjie sê die mans het twee skote buite die huis afgevuur terwyl hulle gevlug het. Niks is uit die huis gesteel nie en die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Malatjie sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.