Bejaarde man in Oos-Kaap doodgeslaan

crime-scene-tape-320x191ʼn 65-jarige man is Maandag in die Oos-Kaap doodgeslaan deur mense wat glo die gereg in eie hande geneem het.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die groep mense het die bejaarde van veediefstal in Nqwanti naby Mthatha verdink. “Die groep mense het gesê hy het skape gesteel. Hy is aangerand en is op die toneel dood verklaar,” het Fatyela gesê.

Ses mense tussen die ouderdom van 20 en 34 jaar oud is Maandagaand in verband met sy moord in hegtenis geneem. “Ons verwag nog meer inhegtenisnames.”

Die ses verdagtes moet Woensdag in die Bityi-periodieke hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leon ·

Waar n rokie trek is daar n vuurtjie. Hulle sou hom nie verniet doodgeslaan het nie. Wens dit gebeur met al die skurke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.