ʼn 65-jarige man is Maandag in die Oos-Kaap doodgeslaan deur mense wat glo die gereg in eie hande geneem het.
Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die groep mense het die bejaarde van veediefstal in Nqwanti naby Mthatha verdink. “Die groep mense het gesê hy het skape gesteel. Hy is aangerand en is op die toneel dood verklaar,” het Fatyela gesê.
Ses mense tussen die ouderdom van 20 en 34 jaar oud is Maandagaand in verband met sy moord in hegtenis geneem. “Ons verwag nog meer inhegtenisnames.”
Die ses verdagtes moet Woensdag in die Bityi-periodieke hof verskyn.
Waar n rokie trek is daar n vuurtjie. Hulle sou hom nie verniet doodgeslaan het nie. Wens dit gebeur met al die skurke.