Bejaarde man se moordenaar skuldig bevind

Sarel Koekemoer (68) se voormalige tuinier wat erken het dat hy sy werkgewer uit woede vermoor het, is Dinsdag by die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind.

Jacob Pantsi Mmekwa (32) van Stinkwater is skuldig bevind van moord en diefstal, berig IOL. Mmekwa het Koekemoer se vuurwapen en selfoon gesteel. Hy sê Koekemoer het geweier om hom te betaal en hom glo beledig. ʼn Tweede verdagte in die saak, Levy Mthombeni (21) is onskuldig bevind op die moordaanklag, maar skuldig aan diefstal. Die twee sal op 10 Julie gevonnis word.

Koekemoer se dogter, Anja Swart, het in haar pa se badkamer op hom afgekom waar hy in ʼn poel bloed op die vloer gelê het. Koekemoer het op ʼn kleinhoewe naby Bultfontein buite Pretoria gebly. Luidens nadoodse ondersoek is Koekemoer twee keer met ʼn mes in die nek gesteek.

Mmekwa het ses maande lank vir Koekemoer gewerk voor die moord. Hy het erken dat hy Koekemoer met ʼn mes gesteek het, maar beweer dit het tydens ʼn hewige argument gebeur toe Koekemoer hom van diefstal aangekla het, sy honde op hom losgelaat het, gedreig het om hom dood te maak en ʼn rassistiese uitlating gemaak het. Mmekwa het glo Koekemoer se eie mes gebruik om hom dood te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.