Bejaarde man skiet vrou, pleeg selfmoord

Foto: LookLocal Pretoria-Oos

ʼn Bejaarde man het sy vrou doodgeskiet waarna hy selfmoord gepleeg het in sy motor by die parkeerterrein van die Atterbury Value Mart-winkelsentrum in Pretoria-Oos.

LookLocal Pretoria-Oos berig dat ʼn man, glo in sy 60’s, homself Woensdagoggend in sy motor doodgeskiet het, enkele meters van die McDonald’s- restaurant in die winkelsentrum se parkeerterrein. Dit het kort hierna aan die lig gekom dat die man vroeër die oggend sy vrou doodgeskiet het by hulle huis in die The Glades-veiligheidskompleks in Lynnwood. Die polisie is vroeër die oggend na die veiligheidskompleks ontbied waar hulle op ʼn vrou, vermoedelik in haar 50’s, se liggaam afgekom het. Die polisie het vasgestel dat die vrou se man moontlik iets met haar dood te doen gehad het en met behulp van bure inligting gekry oor watter tipe motor hy ry sowel as sy registrasienommer. Ao. Dave Muller, woordvoerder van die polisie, sê hulle het met behulp van die polisie se opsporingseenheid en die opsporingsmaatskappy Tracker die man se motor by die Atterbury Value Mart-winkelsentrum opgespoor. Muller sê die man het homself geskiet nadat polisiebeamptes sy motor genader het. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

In Julie vanjaar het ʼn vrou haarself en haar agtjarige seun in ʼn voertuig vergas, ook enkele meters van die McDonald’s-restaurant in die Atterbury Value Mart-winkelsentrum se parkeerterrein.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nastassia ·

Dit maak my so so kwaad.
As n mens nie meer wil lewe nie, is dit tog seker jou eie reg om jou lewe te neem, maar om n ander lewe saam jou te neem?
Wie gee jou die reg om daai besluit te neem?? Daai arme 8 jaar kind weet nie van beter nie en vetrou tog dan sy mamma.
Ek is so kwaad..
Los die arme kinders uit.
Hul verdien dit jou selfsugtigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.