‘n Bejaarde man (75) is dood en sy 71-jarige vrou beseer nadat hulle deur rowers in hul huis aangerand is.
‘n Polisiewoordvoerder, Tryna Wolmarans, sê twee mans het vroeg Sondagoggend toegang tot die paartjie se huis gekry. Die mans het vuurwapens en kontant van die vrou geeis voor hulle haar met ‘n vuurwapen geslaan het. Hulle het die man erg aangerand en hy het later aan sy beserings beswyk. Wolmarans sê dit is nie duidelik of iets gesteel is nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord. Die vrou is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Niemand is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Wanneer gaan die President ‘n week aankondig dat vlae halfmas – voor alle staats geboue – gaan hang -vir ‘n week of meer- vir die dood van die Plaasboere en hulle gesinne?? Dit raak nou te erg.