Die skoonseun van Brenda Elizabeth Hedges, ʼn bejaarde vrou van Sophiatown in Johannesburg, is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy haar glo vermoor het deur haar met ʼn petrolbom te gooi.
Sers. Obakeng Mabaso, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die skoonseun is in hegtenis geneem en sal na beraming Vrydag in die hof verskyn. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die skuldige se naam mag eers bekendgemaak word sodra hy in die hof verskyn het.
Maroela Media het vroeër berig die verdagte het Hedges (73) glo Sondag aan die brand gesteek. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar sy later aan haar beserings beswyk het.
Volgens Mabaso staan die verdagte tereg op ʼn aanklag van moord.
Lees ook:
Vrou sterf ná skoonseun haar glo met petrolbom gooi
Die here het ons gebede verhoor,mag hy die straf kry wat hom toekom!!
Liewe Jolanda – jy as dogter en elkeen geraak deur hierdie afskuwelike daad, word baie sterkte toegewens. Ek weet nie wat aanleiding gegee het tot hierdie moord nie – maar julle is in my gebede, geregtig sal geskied.
VAN MY AF – ‘N BEMOEDIGINGSDRUKKIE vir dit wat nog voorle !
Baie dankie!
Prys die Here my ouma se moordenaar is gevang
Mag hy in die hel brand vir sy vieslike dade. Hys n gemene lae klas gemors.
Wil net se ek is bly hy is agter tralies want hy het gese dat sy vrou en kinders is volgende want sy vrou se suster kon nie slaap nie en hoop hy gaan nie ontsnap nie en dankie aan almal van die polisie se samewerking ons waardeur als en dat die HERE ons gebede gehoor het nou kan ons almal weer aangaan sonder hom in die gemeenskap nogmaals baie dankie HERE
Bly is toegesluit die HERE het ons gebede gehoor mag hy die straf kry wat hy gedoen aan my familie hy behoort nie hier nie hy is nie n mens nie dankie aan die polisie vir jul diens
Sterkte aan al die naasbestaandes. Net jammer hulle gee nie die “ding” vir julle nie, steneging klink vir my na n gepaste vonnis.
Dankie aan ons Hemelse Vader dat die gewetenlose laag gemene gevang is jammmer vir my woorde maar ek kan net nie so iemand wat so iets doen n mens noem nie ons sal ons daaraan troos dat mammie nou veilig in die koningkryk is en geen pyn ken nie net vrede en liefde….ONS SAL MAMMIE MIS!!!ek en jannie het getel 22 kleinkinders dis wonderlik en n groot eer eks bly my kinders is deel van hulle!