Bejaarde moet glo sing voor sy pensioengeld kry

Argieffoto

Ria van Straaten, ‘n 87-jarige verswakte bejaarde van Newcastle, is onlangs glo deur maatskaplike werkers aangesê om oor ʼn interkomstelsel te sing alvorens sy haar R1 200 staatspensioengeld kon ontvang.

The Witness het Dinsdag berig haar seun, Braam (63), was ontstoke toe hy daarvan te hore kom, en hy het gevolglik ʼn klagte by die minister van sosiale ontwikkeling, Bathabile Dlamini, aanhangig gemaak.

Braam het aan die koerant gesê die voorval het verlede maand plaasgevind. Hy sê ʼn beampte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het geweier om sy ma te help alvorens sy nie sing nie. Ria het aanvanklik gedink dit is ʼn grap, maar toe druk die beampte ʼn mikrofoon in haar hand tot aanskoue van die res van personeel, wat glo gestaan en lag het.

Ria het gesê sy weet nie wat om te sing nie, waarna die beampte gedreig het om haar pensioenkaart te weerhou. Ria, wat gedeeltelik blind is, het uiteindelik “Happy Birthday” oor die interkomstelsel gesing. “Sy is voor al die mense en personeel in die hele sentrum verneder. Hulle het gedink dit is snaaks en niemand het tot haar redding gekom nie. Sy is geboelie omdat sy op haar eie na die sentrum gegaan het,” het Braam gesê.

Vusi Mahaye, Sassa se woordvoerder in KwaZulu-Natal, het aan die koerant gesê Ria moet die name van die betrokke beamptes bekend maak, alvorens ʼn ondersoek van stapel gestuur kan word.

Bron: The Witness

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Daleen Janse Van Rensburg ·

Dis ‘n skande hoe beamptes van die Staatsdiens die bejaardes behandel. Die werkers is veronderstel om ‘n diens te lewer maar hulle dink hul doen jou ‘n guns. Wens hul wil bykom en besef hul word betaal deur belastingbetalers. Dis tyd dat die toesighouers hul werk doen en die werkers monitor. Hoe moet die dame nou die beamptes uitken en weet wie dit was wat haar so verneder het, sy is reeds half blind. Dis ‘n skande ek hoop die voor op die wa beamptes kry eendag wanneer hulle oud is dieselfde behandeling en dink dan terug aan wat hul gedoen het. Suid-Afrika is besig om in ‘n sirkus te verander!

Magriet ·

Ek dink dit is ‘n skande dat ons bejaardes so behandel word en dan nog ‘n ding nie baie van die bejaardes weet dat hul hul pensioengeldjies by ‘n bank kan gaan trek nie, ek het nou al verskeie mense die raad gegee, maar daar is glad nie aan hul eers hierdie moontlikheid genoem toe hul aansoek gedoen het vir hul pensioen kaart nie. Ek dink dis ‘n skande. Dan is daar ook sekere plekke waar die bejaardes hul geldjies kan bekom, maar hul moet eers vir ‘n sekere bedrag koop voordat hul enige van hul geld kan kry. Dit is vir absoluut verkeerd. Ons moet juis daar wees om ons bejaardes te help en by tye staan in hierdie swaar tye.

Erika ·

Ek voel so jammer vir hierdie ou tannie. Dit is baie hartseer. Is daar nie kameras nie? Hoe moet hierdie bejaarde dame nou die werkers uitken? Nee regtig, dit is waglik!! Daleen ek stem Suid Afrika is besig om in ‘n helse sirkus te verander.

marilee ·

kyk ek kan nou vir jou se in baie mooi taal maar sal my gedra!! hoe de hel moet die arme taniie vir jul se wie die beamptes was!! is daar geen respek in die land van ons nie! my magtag en dan staan die res “barbarre en lag” maak my siek. die tannie is half blind en hoe de hel verwag jy om te weet wie almal is in daai plek. kom ek bind jou oe toe en laat jou in n vreemde plek staan tussen klomp mense wat vir jou staan en lag en dan sing jy vir my. dan kyk ons of jy almal gaan uit ken!!! kom slim jannie!!!! kyk my bloed kook nou 10. geen respek!! dan kyk ons hoe jy gaan voel as ek jou geld en kos van jou af gaan weer hou! maar ek wag die wiel sal draai en jul sal jul les leer God beskerm sy kinders. maar kyk jul boellies sal jul dag kry!!!!

chrisna ·

Mag daardie mense eendag as hulle oud, swak en verleë is, dieselfde aangedoen word en dan onthou van ‘n ou vroutjie wat hulle jare terug so voor almal verneder het vir haar EIE pensioen-geldjie. Ons wik, maar GOD beskik…………..

Joline ·

hierdie mense is nie maatskaplike werkers waardig nie, dit is nie hoe ons mense hanteer nie, hulle het duidelik daai beleid en respek aan jou mede mens mis geleer, geen waardes vir hulsef nie. maar nou ja, dit is hoe dit gaan by die departement!! pateties… baie onstellend om te lees en om te dink hulle is deel van my beroep..

Sarie van Niekerk ·

Dit is skokkende gedrag. Hulle kan tog seker nie van die halwe blinde, 87-jarige vrou verwag om die name van die mense te verskaf nie. Daar was mos baie ander mense teenwoordig toe dit gebeur het, kry hul verklarings en ondersoek die saak behoorlik. Daar is net eenvoudig geen respek vir mense in hierdie piesangrepubliek land van ons nie. Skandelik

Marlene ·

Dit is nog een van die maniere waarop hierdie anc regering te werk gaan om die moreel van blankes af te breek. Vusi Mahaye is jou tor nie op sy plek nie? Kyk wie tydens daardie tyd aandiens was. Hoe verwag jy moet die ou tannie daardie inligting he ? Dis julle plig om ondersoek intestel maar jy is te onbevoeg nou moet iemand anders weer jou werk vir jou doen. Die sogenaamde reenboognasie, regstellende-aksie, gelykheid en sogenaamde regte en die hele anc regering is ‘n pot bollie.Julle is onbevoeg en kan niks reg doen nie. As daar nie ‘n wit regering in plek gesit gaan word nie sal die hele SA ten gronde gaan. Tannie Ria my hart gaan uit na tannie en al die ou mensies wat sleg behandel word. As ek naby genoeg gebly het sou ek tannie elke maand gevat het vir tannie se geldjies. Hulle sal een keer hulle “luck”try met my by tannie se sy en dit sal hulle laaste keer wees.

Marlene Cordy ·

My hart voel so seer vir die tannie, en vir alle ou mense wat so weerloos en kwesbaar is!! Dit is onaanvaarbaar dat enige persoon so hanteer word. Ek weet dat sulke gedrag nie ongesiens verby gaan nie en dat die persone aan die kaak gestel sal word. Braam, tien uit tien vir jou wat jou ma probeer help! Wees net baie lief vir haar en ondersteun haar. Op die ou einde is dit wat sin aan haar lewe gee!

Petra ·

Ek sit en huil hier, dit is verskriklik. Dit kon my moeder gewees het. Genadiglik is sy by Jesus. Ek weet nie wat om te se nie, mag God hierdie mense so so vreeslik straf. My hart gaan uit na haar. Selfs my 29jarige seun huil terwyl hy dit lees !!!! :'(

Joey Odendaal ·

Is daar nie iemand in solitariteit wat hierdie ou dame te hulp kan wees nie? Foeitog, dis darem die ergste graad van mense skending – ek stem saam – kyk wie almal aan diens was en doen ‘n behoorlike ondersoek. Hierdie saak moet behoorlik deur die ou dame se EIE mens gedoen word – ons! Sy het al haar jare gegee vir hierdie land – ek is seker iemand in SA kan haar help…asseblief?!

annetjie fourie ·

…..en niks sal daarvan kom nie, omrede sy hul nie sal kan identifiseer, sy is half blind, en hul weet dit.. sies wat `n skande. ek is bly my ou moeder (87), is bevoorreg om nie in so sutuasie te beland nie. Dankkie Hemelse Vader! Iemand help asb die ou Moedertjie!!

Joey Odendaal ·

Ek stem saam met jou Annetjie, maar as hulle regtig WIL sal hulle ALMAL wat daardie dag in daardie kantoor is aankla – hulle is ALMAL skuldig want niemand van hulle het dit gekeer nie – maar die Here slaap nie – nooit nie!

Soekie ·

SASSA….Gaan kyk wie daardie dag aan diens was en SKORS die hele lot. Gou sal hulle mekaar beskuldig,soos hul gewoonte is. As ek daai skarminkel in die hande kon kry, sou ek die mikrofoon vir hom op n plek indruk waardeur hy nie kan sing nie!!!

Elize ·

Ja die klomp barbare.Hulle voel niks vir n witvel nie,hulle voel eens niks vir hulle eie bejaardes nie.Dan moet ons hulle mense noem.
Waar is die Tannie se kinders.Kan hulle nie omsien na hulle Moeder nie.Hoekom moet sy so verneder word.
Ons bejaardes wat in die Staats aftree oorde bly,kry geen goeie behandeling nie.Want as die Tannie self haar Penioen moet gaan haal,moet een van hulle tog vir haar geneem het..Dankie vir VF, wat nou n saak teen hulle gaan maak.Want die ander Politieke Partye trek net hulle skouers op,vry net na die swart stemme.Net so word daar niks vir ons Boere gedoen wat so, wreed vermoor en verkrag word nie.Maar hulle sal duisende uitsit om die Renosters te beskerm,Daar word nou weermag troepe by die grens drade opgestel,om te keer dat Renosters dood gemaak word,maar niks vir ons Boere wat kos vir die land moet voorsien nie.Dit is n skande.Die ANC stuur ons land,af op die selfde trand wat die Zimbabwe se Megabe sy land regeer.

Janet ·

Dit is baie vernederend , hoe moet sy net nie voel nie, maar moenie , worry nie, die HERE sien alles, en hulle gaan almal boet, ek wonder of hulle weet wie betaal die meeste belasting , WAT SAL HULLE doen as ons wittes almal staak om belasting te betaal.

Elizabeth ·

“You measure the degree of civilization of a society by how it treats its weakest members.” Winston Churchill.

Ek dink dié gesegde som die stand van sake in die RSA baie raak op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.