Bejaarde motorfietsryer beseer

‘n Bejaarde motorfietsryer het Vrydagaand ernstige beserings opgedoen na ‘n ongeluk met ‘n motor in Linden.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die motorfiets het glo die voorkant van die passasiersvoortuig getref. Die manlike motorfietsryer, in sy 60s, is deur die lug geslinger en het oor die voorkant van die voertuig geval. Hy was in erge pyn toe paramedici van ER24 opgedaag het. “Hy het verskeie bene in sy linkerbeen en -voet gebreek. Sy rug is ondersteun om enige verdere beserings te voorkom voordat hy na die Helen Joseph-hospitaal geneem is,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê.

Niemand in die passasiersvoertuig is in die ongeluk beseer nie. Plaaslike polisiebeamptes sal die ongeluk verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.