Bejaarde paartjie aangeval op plaas in Vredendal

‘n Bejaarde egpaar is vroeg Vrydagoggend op hul plaas in Vredendal deur mans aangeval, het die polisie in die Wes-Kaap berig. Die mans was met messe en skroewedraaiers bewapen.

Polisiebeampte November Filander het gesê dat die 86-jarige man en sy 84-jarige vrou omstreeks 03:00 in hul slaapkamer deur drie mans wakker gemaak is.

Die mans het die man met ‘n skroewedraaier aangeval en sy vrou se bene vasgebind. “Hulle het in die kas gekrap en ‘n bedrag geld gevat. Die verdagtes het daarna ‘n vuurwapen uit die kluis verwyder en toe van die toneel af gevlug. Dit is nie bekend in watter rigting hulle gevlug het nie.”

Volgens Filander het die mans by die agterdeur ingebreek. Die paartjie het reeds mediese behandeling op die toneel ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.