Bejaarde paartjie in huis gehang

Die liggame van ʼn bejaarde paartjie van KwaZulu-Natal is  die naweek gevind nadat hulle in hul huis gehang is.

The Witness berig die egpaar se liggame is Saterdag deur hul bure in KwaSwayimane gevind. Mfanalo Mkhize (84) is in ʼn bondel op die grond aangetref met ʼn tou om sy nek. Die liggaam van sy vriendin, Zamekile Ngidi (65), het steeds van die huis se balke gehang. Hulle is die laaste keer gesien toe hulle Woensdag hul pensioengeld gaan haal en kruideniersware gaan koop het.

Die Mkhize’s se gelisensieerde vuurwapen en hul pensioengeld word vermis.

Kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moorde is nog nie bekend nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek twee sake van moord en huisroof.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.