ʼn Klavierduet van ʼn onbekende bejaarde paartjie, wat staan-staan speel en elke nou en dan plekke omruil, het bewys dat ʼn mens pret kan hê, al is jy oud! Dié video is op 12 Mei op Youtube opgelaai, en geen inligting oor die paartjie of die plek waar die video geneem is, is verskaf nie. Dit lyk egter asof die twee, tot groot vermaak van ander gaste, die vleuelklavier van ʼn restaurant of hotel beetgekry en ʼn impromptu klavieruitvoering gedoen het.
http://youtu.be/n88tPAThGbA