Bejaarde paartjie se byekorwe gesteel

Wiekie Crous in die murasie waaruit die byekorwe gesteel is. Foto: Riata Nel, Beeld

‘n Afgetrede paartjie van Sasolburg het hul inkomstebron oornag verloor toe hulle van 30 byekorwe beroof is.

“Die heuning was my brood en botter wat nou gesteel is. Hulle vat die kos uit my mond.” het Mathilda Crous (67) aan Beeld gesê. Sy en haar man, Wiekie, bedryf sedert 1992 ‘n byboerdery en verkoop die heuning in groot maat. Die korwe is gehou in ’n leë murasie op ’n plaas sowat ’n kilometer van die egpaar se huis in Vaalpark, Sasolburg.

Hulle het sowat R3 000 per maand uit die heuning verdien.

Volgens Mathilda sal dit hulle sowat R1 000 per eenheid kos om die korwe te vervang.

“Dit was so lekker om net hier af te ry en tussen die bye te loop en as daar heuning was, het jy dit geruik,” het Wiekie gesê.

Die paartjie gaan hulle egter nie deur die rooftog laat onderkry nie. Hulle hoop om binnekort weer van voor af te begin, dié keer agter slot en grendel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Margriet ·

Hier is bye wat ons wil weg he hulle is welkom om dit uit te kom haal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.