’n Bejaarde man is Dinsdagoggend voor sy vrou doodgesteek toe inbrekers in hul huis in Middelburg, Mpumulanga, toegeslaan het.
Die vrou is ook tydens die aanval beseer, berig die Middelburg Observer. Die voorval het in Louis Bothastraat in Dennesig, Middelburg, plaasgevind. Die inbrekers het glo toegang tot die huis bekom deur ʼn venster aan die voorkant van die huis te breek. Die man is naby die agterdeur in ʼn plas bloed aangetref. Sy vrou is na die Midmed-hospitaal geneem. Gerugte beweer dat die vrou se ore tydens die voorval afgesny is.
Volgens inwoners is onbekende mans in die straat opgemerk. Hulle het ook harde slae gehoor en gesien hoe iemand oor die muur spring.
Lees meer hier.