Bejaarde paartjie van Sandton vermoor

‘n Man het Vrydag op die liggame van sy bejaarde ouers in hul huis in Morningside, Sandton, afgekom.

Die paartjie, beide in hul 70s, is glo deur inbrekers vermoor, aangesien sommige items uit die huis gesteel is, berig EWN. ‘n Lid van die familie, Wolfgang Wollauz, het gesê vriende van die paartjie was bekommerd toe hulle nie vir ‘n beplande vergadering opgedaag het nie. Die seun het na hul huis gegaan om ondersoek in te stel, en het net ná 15:00 Vrydagmiddag op sy ouers se lyke afgekom. “Hulle was vasgebind en met plastieksakke versmoor,” het Wollauz gesê. Kaptein Kym Cloete, polisiewoordvoerder, het gesê die moorde word ondersoek. “Die motief en oorsaak van die dood word nog ondersoek,” het sy gesê. Enigiemand met inligting word versoek om Crimeline op 32211 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

NeverTooWhite ·

Die motief is VOLKSMOORD. Die kriminele is die Marksistiese ANC Terroriste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.