Bejaarde in PTA vermoor

crime-scene-tape-320x214ʼn 39-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Catarina Carolina Cornelia Nel (83) wat Maandag dood aangetref is in haar woonstel in Rietfontein, Pretoria.

Luitenant Linda Jerling, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die vrou het reeds in die hof verskyn, maar haar naam mag nog nie bekend gemaak word nie, aangesien die polisie sewe dae lank uitstel gevra het om die saak verder te ondersoek. Die vroue was nie verwant nie.

Nel se familie het Maandag op haar liggaam afgekom nadat ’n besorgde inwoner, by die woonstel waar sy gebly het, die familie gekontak het nadat hulle haar vir ’n dag lank nie gesien het nie. Haar liggaam is op haar slaapkamervloer aangetref.

Volgens Jerling ondersoek die polisie ʼn saak van moord en is daar ʼn moontlikheid dat nog inhegtenisnames gemaak kan word.

Jerling het gesê die oorsaak van haar dood kan ook nog nie bekend gemaak word nie omdat dit die ondersoek kan belemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Nou,wat kan n mens se.Nog n Moord.Wanneer gaan dit ophou?n Mens kan die mense wat hierdie moored pleeg nie n mens noem nie.Ek glo hu;lle is met die Duiwel besete.Jammer dit is hoe ek voel.Net n Barbaar kan sulke goed doen,wat geen gevoel het nie.

frikkie ·

As ons nie oor bogenoemde kan praat nie dan is daar niks om oor te praat nie want alles gaan daaroor in die wereld. Swart vermoor wit is alreeds rassisties want ras word genoem. Ons kan nie resepte uitruil nie , ons moet praat oor wat in SA aangaan . Ons staan op die rand van n volksuitwissing wat rassisties aangevuur word deur die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.