Bejaarde SA-boer word dalk van plaas verjaag

Piet Henning, ʼn bejaarde Suid-Afrikaanse boer, wat al vir sowat 50 jaar in Zimbabwe boer, behoort Vrydag te hoor of hy sy plaas moet ontruim.

Henning, wat grond naby die Chiredzi-distrik besit, moet Vrydag in die hof verskyn op aanklag van onwettige beset van staatsgrond, het Beeld Dinsdag berig.

Die “staatsgrond” is deel van die 81 hektaar wat hy behou het nadat sowat 200 hektaar grond in 2003 van hom afgeneem is.
Henning het die afgelope drie jaar, elke ses weke in die hof verskyn.
President Robert Mugabe se regering het die afgelope 12 jaar wit kommersiële boere van hul grond af verdryf, en daar is tans slegs 221 van die 5 000 boere oor.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.