Bejaarde se motor deur vloedwater meegesleur

Foto: ER24

ʼn Bejaarde vrou is vir hipotermie behandel nadat haar motor deur vloedwater meegesleur is in Boksburg aan die Oos-Rand.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê paramedici is kort voor 18:00 Maandagaand na Trichard straat ontbied nadat ʼn bejaarde vrou se motor deur vloedwater meegesleur is. Volgens berigte het die 85-jarige vrou deur die water probeer ry nadat ʼn bakkie voor haar deurgery het en ook meegesleur is. Die vrou se Mazda het teen ʼn boom te lande gekom en sy kon daarin slaag om uit die motor te klim. Sy is op die toneel vir hipotermie behandel. Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.