Bejaarde skiet aanvaller voor sy sterf

Dorothy Hendrix

Dorothy Hendrix

Dorothy Hendrix (76) is Saterdag buite haar huis in South Carolina, Amerika, doodgeskiet nadat ʼn bende haar oorval en sy op hulle losgebrand het.

Hendrix is twee keer deur die bende van twee mans en ʼn vrou geskiet, maar sy kon een van haar aanvallers in die maag skiet voordat sy aan haar beserings beswyk het.

Steven Hagood, Tereba Geer en Bradacious Galloway word aangekla van haar moord.

“Sy het baklei. Sy was ʼn vegter. Sy het hom geskiet,” het Ronnie Lollis, die slagoffer se broer, aan WYFF News Channel 4 gesê. Hendrix, wat ook as Dot bekend gestaan het, het omstreeks 01:00 na haar huis teruggekeer toe sy oorval is.

Sy het op die bende losgebrand en een van hulle het teruggeskiet.

ʼn Buurman het die polisie ontbied nadat hy die skote gehoor het.

Hagood, wat in die maag getref is, is na ʼn hospitaal geneem waar hy tans onder polisiebewaking versorg word.

Hendrix, wat as ʼn vrywilliger by ʼn bingo-klub gewerk het, het aansoek gedoen om ʼn versteekte vuurwapen te dra en sy het geleer hoe om te skiet nadat sy in 2011 by dieselfde huis oorval is. Die diewe van die vorige voorval is nooit aangekeer nie, en die polisie het nog nie aangedui of die twee voorvalle aan mekaar verbind word nie.

“Dit was nie ʼn lukrake aanval nie,” het John Skipper, sheriff van Anderson County, gesê. “Dit was ʼn beplande rooftog en sy was spesifiek geteiken. Hulle het geweet dat sy ʼn groot bedrag geld by haar gaan hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Wat n “Held” jammer sy moes met haar lewe boet, en ook jammer die dief lewe nog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.