Bejaarde skiet plaasaanvaller dood

Albert Strauss (83), ʼn boer van Upington, het Maandagaand ʼn vermeende rower op hul plaas, Toekoms, doodgeskiet nadat die verdagte hom en sy vrou, Chrissie (72), erg aangerand het.

Die egpaar is tussen 19:00 en 20:00 in hul plaashuis oorval. Die aanvaller het albei bejaardes geskop en geslaan. Albert kon daarin slaag om sy pistool in die hande te kry en het die verdagte doodgeskiet.

Beide slagoffers is na die Upington MediClinic geneem vir verdere behandeling. Johanna van Niekerk, die hospitaal se bestuurder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar is in ʼn bevredigende toestand. “Hulle word nog in die hoësorgeenheid behandel, maar sterk goed aan,” het sy gesê.

Luitenant Andrea Cloete, ʼn polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy sê egter sy wag nog vir ʼn verslag voordat sy meer inligting bekend kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hester de Bruyn ·

Mooi oom ons het mense soos u nodig. Sterkte vir julle 2

Martha Els ·

‘n Boer skiet mos nie mis nie. Mooi so oom Sterkte daar en gou gesond word

Elza ·

Dit is so onregverdig dat onskuldige mense in so aaklige situasie geplaas word. . Ja die aanvallers verdien wat hulle kry maar sal n normale mens ooit weer dieselfde wees nadat hy/sy iemand moes dood maak. Sterkte aan die oom en tante.

Marlene45 ·

Daar moet meer rowers doodgeskiet word sodat hulle kan sien dat ons nie meer gaan wag om vermoor te word nie. Mooiso oom, ek haal my hoed vir u af. Sterke vir u en die tannie en ‘n spoedig herstel vir julle!

dieter ·

Dis baie goeie werk oom x hoop dt sal I les wees vir ander boewe x ht I soortgelyke voorval in Atlantis bygewoon hou so aan skiet hulle vrek hulle verdien dt.

Michael ·

Reg so oom, julle Kalahari boere weet hoe om toe oe ook te kan skiet, strekete vir julle twee jong mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.