Bejaarde skiet ‘rower’ dood

Cornelius van der Berg, ʼn 72-jarige inwoner van Nelspruit, het Dinsdagoggend ʼn vermeende rower tydens ʼn huisinbraak doodgeskiet.

Volgens lt. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Van der Berg omstreeks 04:30 die man in sy huis betrap, nadat die alarm afgegaan het. Hy het ʼn vuurwapen gehad en die man in die huis konfronteer en in die bors geskiet. Die verdagte het Van der Berg glo oorval en sy geweer afgeneem en hom in die hand en in die kop, bokant sy oogbank, geskiet. Die verdagte het met die vuurwapen van die toneel gevlug en is later dood aangetref in ʼn nabygeleë erf.

Van der Berg is in ʼn stabiele toestand in die Nelspruit MediClinic en benodig ʼn operasie aan sy hand. Die polisie ondersoek of die verdagte met ander voorvalle in die gebied verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

mina ·

dit is reg kry die vuilgoed want hulle kan net moor en smile daaroor

Anton J Jansen ·

Dis waarskynlik maar die enigste manier om onwelkome gaste uit jou huis te hou. Maar, ongelukkig vir die arme Mnr. Van der Berg, sal hy nou weer seker aangekla word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.