Bejaarde sterf ná aanval op plaas

Fanie Olckers, ʼn 86-jarige plaasopsigter van Mpumalanga wat onlangs tydens ʼn familiebyeenkoms aangerand is, het Saterdagoggend in die hospital aan sy beserings beswyk.

Maroela Media het vroeër berig Olckers is in die Middelburg-hospitaal opgeneem nadat hy glo tydens ‘n verjaardagviering op 23 September deur ʼn 24-jarige skoonfamilielid aangerand is. Lees meer hier.

Olckers se dogter, Marie Delport, het aan Maroela Media gesê hulle het hom Vrydag in die hospitaal gaan besoek en hy het baie sleg gelyk. “Ons wou Saterdag nog regmaak om hom weer te gaan besoek toe die hospitaal ons bel en sê my pa is oorlede,” het ʼn emosionele Delport gesê.

“Pappa, ons gaan jou mis. Ons het gehuil toe jy gesterf het, en ons huil steeds vandag. Hoewel ons jou verskriklik lief gehad het, kon ons jou nie laat bly nie – jou goue hart het ophou klop, jou hardwerkende hande is nou rustig,” het Delport in ʼn huldeblyk aan haar pa gesê.

John Breedt (24) het op 5 Oktober in verband met die voorval in die hof in Hendrina verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel om verder ondersoek te word. Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.