Bejaarde sterf na botsing met taxi

Foto: ER24

‘n Bejaarde man is dood nadat ʼn taxi teen sy motor gebots het in Pinetown, KwaZulu-Natal.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die taxi het teen die bestuurskant van ʼn Citi Golf gebots. Die bestuurder van die Golf, glo in sy 60’s, het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die taxi se bestuurder en 15 insittendes het ligte beserings opgedoen en van die passasiers is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

In nog ʼn voorval in Pinetown het die bestuurder van ʼn voertuig glo beheer verloor waarna die motor van die pad afgegaan en in ʼn rivier beland het. Niemand is in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.