Bejaarde sterf ná hy troeteldiere van brandende huis probeer red

Argieffoto

ʼn Bejaarde man van Springs in die Oos-Rand is Dinsdagoggend dood nadat hy in sy brandende huis in gehardloop het om sy troeteldiere te red.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die brand het omstreeks 08:00 by ʼn bejaarde egpaar se huis in Beckerstraat uitgebreek.

Volgens ooggetuies kon die egpaar daarin slaag om uit die brandende huis te ontsnap. “Die man het egter daarna weer in die huis in gehardloop om hul troeteldiere te probeer red, maar het nie weer uitgekom nie,” het Jackson gesê.

Die brandweer het op die man se verkoolde liggaam afgekom, nadat die brand onder beheer gebring is. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Sy vrou het geen noemenswaardige beserings opgedoen nie, maar is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere ondersoek,” het Jackson bygevoeg.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hester ·

Enige nuus oor wat van die troeteldiere geword het? Het hulle oorleef?

Erika ·

Hoop die diere het dit oorleef. My innige meegevoel aan sy vrou en familie.

SANETTE HENNING ·

Dis so hartseer Tannie ons bid vir jou Ja my ma se plek het ook laasjaar in brand wat gestig is in woonstelkompleks afgebrand. Wens ek kan vir haar ook help

Morne Greyling ·

Hierdie word gerig aan Philip Buwer: Die berig is onakkuraat en gevoelloos. Die man is oorlede nadat rook hom oorval het. Hy het geen brandwonde opgedoen nie en is nie verkool nie. Jou onsensitiewe opmerking is nie aanvaarbaar nie. Dink aan die trauma wat die familie reeds deurmaak. Sal jy asb. die berig oorskryf en die feite regstel. Maak asb in die toekoms seker van jou feite voor jy nuus die wereld instuur…mense in die omstandighede het genoeg leed om mee te deel, hulle kan nie nog sulke foutiewe en onsensitiewe inligting ook verwerk nie.

Morne Greyling ·

n Verskoning aan die familie, in die verband sal aanvaarbaar wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.