Bejaarde teen meer as 200km/h vasgetrek

ʼn 68-jarige man is teen 201km/h vasgetrek op die N1 naby die Rivonia-afrit.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die man is Saterdagaand in sy Mercedes Benz vasgetrek en in hegtenis geneem. Minnaar sê die man se vrou en ʼn kind was ook in die kar. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn. ʼn 37-jarige man is intussen in hegtenis geneem nadat hy teen 202km/h op die R21 naby Benoni vasgetrek is. Hy het met ʼn Suzuki-motorfiets gery. “Tien ander bestuurders is ook in hegtenis geneem nadat hulle tussen 163 en 186km/h gery het op dieselfde stuk pad,” het hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

joooo goooooo oom, wie se oumense is stadig. nee ernstig nou, dis gevaarlik, ek is self skuldig om bietjie lepel neer te le op i oop stuk pad sonder verkeer.

Blikskim ·

Mooi so vir beide partye! Mooi so Wayne dat julle die jaagduiwel vasgetrek het. Ek hoop julle beboet hom met ‘n boete wat seermaak. Mooi so Oompie! Om op 69 nog soveel vuur in jou te hê om die owerhede te gaan tart met so ‘n vinnige motor. Los die jongvrou en kind volgende keer by die huis.

Carin ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg! Onaanvaarbaar – veral met ‘n kind in die kar!

Pieter Jacobs ·

Jip dit is teen die reels, ek hou by spoed grens….. maar my Mercedes Sport is veiliger op 240km/p u as n taxi op 100km/u

Paul ·

Ouens hier is ‘n stukkie goeie raad om padveiligheid te bevorder. As jy ‘n Christen is, dan is jy net in hierdie wêreld maar nie van die wêreld nie. So, wanneer jy padlangs op reis gaan, bestuur dan soos ‘n Geesvervulde mens en gebruik sommer Gal 5:22 en 23 as jou riglyn. Fokus veral daarop om BETROUBAAR te wees, dit beteken ook om by die padreëls te hou, wees ook VERDRAAGSAAM, dit beteken dat jy daardie padvark maar moet laat gaan sonder om hom ‘n les te probeer leer en hom te wys hoe om te bestuur. Laastens wees ook GEDULDIG veral wanneer jy haastig is om jou bestemming te bereik en nou word jy opgehou. Probeer dit gerus, dit werk!!!

Piet ·

Seker het hy toe hulle hom vang nog gesê hulle kan bly wees hy was nog nie in vyfde rat nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.