Bejaarde val uit sy huis se venster

‘n Bejaarde man is ernstig beseer nadat hy uit ‘n venster by sy huis in Buitekantstraat, Vredehoek, geval het.

Die 80-jarige man was glo in sy woonstel op die tweede verdieping, maar dit is nog nie duidelik waarom hy uitgeval het nie. “Paramedici het die man op die gras buite die venster aangetref,” het ER24 in ‘n verklaring gesê.

“Ten spyte van die erge pyn waarin hy verkeer het en die ernstige bors, rug en nekbeserings wat hy opgedoen het, was hy steeds by sy bewussyn. Paramedici het hom behandel waar hy gelê het, hom op toerusting stabiliseer deur sy rug en nek te beskerm en toe na Nuwe Somerset-hospitaal geneem,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.