Bejaarde van Delareyville verkrag

ʼn Bejaarde vrou van Delareyville in Noordwes is glo Woensdagaand verkrag nadat sy by ʼn plaaslike kroeg gekuier het.

Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 86-jarige vrou is Woensdagaand na ʼn plaaslike kroeg en het nooit teruggekeer huis toe nie.

“Haar kinders het bekommerd geraak en na haar gesoek, maar kon haar nie opspoor nie,” het Funani gesê.

Twee mans het haar die volgende dag kaal in ʼn veld gevind waar sy geslaap het. Die mans het haar na haar huis vergesel. Sy was glo dronk toe die mans haar gevind het.

“Die vrou het haar kinders vertel dat sy deur ʼn onbekende man verkrag is,” het Funani bygevoeg.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rena Brown ·

Nou wat de flippen hel soek ‘n 86 jarige dame by ‘n kroeg??????????????

Erika ·

Nee regtig 86 en sy gaan na ‘n kroeg, en die kinders laat dit toe? Huh? Het sy haar valstande wat sy 46 jaar terug daar vergeet het, gaan soek of wat? Ek sou nie toelaat dat my ma of ouma of enige ou dame van 86 alleen kroeg toe gaan nie!! Dan word sy gevind deur ander mans, waar sy kaal en dronk lê. Hulle moes haar sommer net daar gelos het.

Anne ·

Ja nee, ek stem saam met Rena en Erika…. wat de ongeluk maak sy daar? Dis mos nou moeilikheid soek!!!

SANETTE HENNING ·

Ag nee wat sy is beslis nie onskuldig wat maak sy daar! Op daai oudewrdom n vrou alleen kroeg toe nee wat sy het vir moeilikheid gesoek

Yvonne ·

Jammer julle, maar die “tannie” is nie noodwendig blank nie en in ander kulture is dit sosiaal aanvaarbaar om op daardie ouderdom sulke goed aan te vang.

H J Bester ·

Die verloop van hierdie tante se optredes, wek nie baie simpatie by my nie – inteendeel dink ek dis belaglik vir ‘n vrou van haar ouderdom om alleen ‘n kroeg te besoek en dan nog beskonke ook te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.