Bejaarde vermoor glo familielid met byl

ʼn 75-jarige vrou het ʼn 55-jarige man, glo een van haar naasbestaandes, met ʼn byl doodgekap nadat sy hom moontlik as ʼn inbreker aangesien het in Centane in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo die bejaarde vrou se deur oopgestoot waarna sy hom met die byl aangeval het. Die vrou het hierna hulp ontbied. Gemeenskapslede het die vrou te hulp gesnel en die man as een van haar naasbestaandes geïdentifiseer. “Hy het steeds geleef toe die gemeenskapslede opgedaag het en is met ʼn private voertuig na die Tafalofefe-hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.” Manatha sê dit is nog nie duidelik hoekom die man by die bejaarde vrou se huis was nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die bejaarde vrou is gewaarsku om Maandag in die Centane-landdroshof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.