Bejaarde vrou beroof, verkrag

ʼn 72-jarige vrou is vroeg Donderdagoggend in haar huis in Port Elizabeth beroof en verkrag.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Stanley Jarvis, sê die vrou het omstreeks 1:00 Donderdagoggend wakker geword toe sy ʼn man in haar kamer sien staan en nog drie mans in die gang. “Die mans het haar in die sitkamer ingedwing en die huis begin deursoek vir waardevolle items. Sy is deur een van die mans in die badkamer ingevat waar hy haar verkrag het. Die mans het met ʼn rekenaarboks ter waarde van R2500 gevlug.” Jarvis sê die vrou ontvang berading. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.