Bejaarde vrou dood in huis gekry

Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is Donderdag in haar huis in die Oos-Kaap aangetref.

Konstabel Mlondolozi Govuze, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 75-jarige vrou het alleen in haar huis is in Donaxstraat, in Kei Mouth, gewoon.

“ʼn Buurvrou het op die bejaarde se liggaam afgekom. Haar hande was agter haar rug vasgebind,” het Govuze gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek gaan gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die vrou se naam mag nog nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.