ʼn 75-jarige dagmoeder van Winterveldt, noord van Pretoria, is Donderdag glo deur haar twee seuns vermoor.
Ao. Llifi Ramatlo, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die slagoffer, Kate Legodi, is in haar huis met ʼn skerp voorwerp doodgekap.
Legodi was ʼn dagmoeder en eienaar van ʼn dagsorgsentrum in die omgewing. Haar liggaam is deur een van haar werkers in haar aangenome seun se kamer gevind.
“Een van haar seuns (43) is die dag van haar moord in hegtenis geneem. Haar aangenome seun (40), het gevlug en word nog deur die polisie gesoek,” het Legodi gesê.
Die een verdagte verskyn binnekort in die Ga-Rankuwa-landdroshof op ʼn aanklag van moord.
Wat gaan met die mensdom aan.Is die einde van die wereld voor ons deure.Want hoe kan n kind sy Ouers so doodmaak.Nee ek het nie meer woorde nie.Die duiwel is los gelaat tussen ons mense.
Absoluut afgryslik! Wat gaan aan in hierdie siek wereld as jy nie eens die mense na aan jou kan vertrou nie….dit kan net dwelmgebruikers se werk wees.